Die adjunkminister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), Namane Masemola, sal op Woensdag 18 Desember ʼn diensleweringsbesoek in die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) in die Vrystaat lei.
Die besoek het ten doel om plaaslike bestuur te versterk en die kwaliteit van dienslewering te assesseer en te verbeter.
Die adjunkministers van Staatsdienste en Administrasie, Pinky Kekana asook Water en Sanitasie, David Mahlobo, sal by Masemola aansluit vir die besoek.
Die adjunkministers sal ook belanghebbendes, soos die MMM-burgemeester, ontmoet om vordering met huidige ingrypings om dienslewering te verbeter, te evalueer.