Conor McGregor se skoknederlaag die naweek teen Dustin Poirier het skynbaar die deur vir Ryan Garcia oopgemaak

Conor McGregor se skoknederlaag die naweek teen Dustin Poirier het skynbaar die deur vir Ryan Garcia oopgemaak om volgende teen Manny Pacquiao te boks.

McGregor het voor sy UFC-geveg Saterdag in Abu Dhabi nog vertel dat hy ongeveer 250 miljoen dollar gaan verdien wanneer hy later in die jaar teen Pacquiao boks.

Die kontrak was egter nog nie onderteken nie en ná Poirier vir McGregor uitgeslaan het, klink dit of die grootmond Ier nie meer in die prentjie is nie.

Die jong opkomende liggewigheld Ryan Garcia het enkele ure ná McGregor se nederlaag op Instagram gesê hy boks volgende teen Pacquiao.

Luister na potgooie hieronder