ie politieke party, Cope, vra dat Andre de Ruyter, die bestuurshoof van Eskomie en sy raad onmiddellik bedank. Eskom het vroeër beurtkrag tot Fase-5 aangepas, weens voortslepende probleme met sy opwekkingseenhede. ‘n Woordvoerder van die kragverskaffer, Sikonathi Mantshantsha het vroeër gesê dat vyf opwekkingseenhede onklaar geraak het. Die woordvoerder van Cope, Dennis Bloem sê dit is duidelik dat De Ruyter en die Eskom-raad geen plan het om die energieprobleme op te los. Volgens Bloem is dit ook duidelik dat President Cyril Ramaphosa en die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan nie verstaan hoeveel verwoesting beurtkrag saai nie.
