Cope sê die Valke, Nasionale Tesourie en die ouditeur-generaal moet die besteding van R214 miljoen deur Ntombela ondersoek

 Cope sê die Valke, Nasionale Tesourie en die ouditeur-generaal moet die besteding van R214 miljoen deur Ntombela ondersoek

Die ANC-aanslag op ons mense duur voort en die jongste verslag oor Sisi Ntombela die Vrystaatse premier, se roekelose besteding van openbare geld kan nie langer geduld word nie.

So sê Makhotla Sefuli van Cope in die Vrystaat se kommunikasie-afdeling.

Sy kommentaar volg na Netwerk24 se berig waarin Ntombela R214 miljoen bestee het op gesellighede.

Sefuli sê die Valke, die kantoor van die nasionale tesourie en die ouditeur-generaal moet toetree om die jongste bewerings te ondersoek.

Hy voer verder aan Cope is oortuig daarvan dat ‘n ondersoek sal blootlê dat die vier Bloemfontein maatskappye wat met mekaar verband hou, die grootste begunstigdes was van die R214 miljoen en ook met die ANC verbind kan word.

Setjhaba Maphalla, hoof van kommunikasie van die Vrystaatse provinsiale regering, het Sondag gesê die aantygings is onwaar.

LeandreAdmin@