Corruption Watch het ‘n interaktiewe, webgebaseerde program bekend gestel

Die burgerregtegroep, Corruption Watch het ‘n interaktiewe, webgebaseerde program bekend gestel wat ontwerp is om deursigtigheid en aanspreeklikheid in die polisie te bevorder.

Corruption Watch sê die program, Veza, is ontwerp ná talle klagtes van fluitjieblasers en gemeenskappe.

Kavisha Pillay, die woordvoerder van Corruption Watch, sê dit bied ‘n geleentheid aan die polisie om openbare toegang tot inligting te bevorder en die publiek se vertoue in die polisie te versterk.

Pillay sê hulle hoop ook dit sal tot meer samewerkende polisiëring in gemeenskappe lei.

Luister na potgooie hieronder