Corruption Watch sê dit is teleurgesteld met die vonnis van 10 jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, wat aan ‘n voormalige Steinhoff-uitvoerende beampte vir bedrog opgelê is. Die Pretoria-Gespesialiseerde Misdaadhof in Gauteng het Andries la Grange Donderdag gevonnis nadat hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.
La Grange, ‘n voormalige finansiële hoof by die maatskappy, is van bedrog van meer as 367-miljoen rand aangekla. Die bedrog dateer uit 2016.
As deel van sy pleidooi het La Grange staatsgetuie geword.
Corruption Watch is egter van mening dat die vonnis te sag is.