Aantygings van geldwassery en korrupsie teen President Cyril Ramaphosa is uiters kommerwekkend.  Dit aldus die korrupsiewaghond Corruption Watch. Ramaphosa se bedanking word nou geëis deur talle opposisie-leiers as gevolg van bewerings dat hy die diefstal van vier miljoen dollar in 2020 uit die huis op sy Phala-Phala-plaas in Limpopo verswyg het.  ‘n Woordvoerder van Corruption Watch, Melusi Ncala, sê te veel rooi vlaggies het opgeskiet rakende die voorval en dat Ramaphosa se verswyging dui op moontlike onderduimse bedrywighede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×