Cosas het die herskryf van gelekte matriekeindeksamen vraestelle verwerp

Die studenteliggaam, Cosas, het die aankondiging van die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, dat twee matriekeksamenvraestelle oorgeskryf moet word verwerp.

Motshekga het Vrydag aangekondig dat die tweede wiskunde en natuurwetenskap vraestelle oorgeskryf moet word.

Dit kom nadat dié vraestelle voor die eksamen uitgelek het. Die vraestelle sal onderskeidelik op 15 en 17 Desember geskryf word.

Cosas het ‘n beroep op leerlinge gedoen om nie die vaestelle te gaan oorskryf nie. Verder dreig Cosas ook met regsoptrede om die herskryf van die vraestelle te keer.

Luister na potgooie hieronder