COSATU eis meer ekonomiese geleenthede om verlore inkomste te verhaal

 COSATU eis meer ekonomiese geleenthede om verlore inkomste te verhaal

Die vakbondfederasie, COSATU, sê hulle wil sien dat meer ekonomiese geleenthede geskep word om verlore inkomste tydens die Covid-19-pandemie te verhaal.

Die vakbondfederasie se verwagtinge voorloop die begrotingsrede.

Tito Mboweni, die Minister van Finansies, sal na verwagting môre tydens sy begrotingstoespraak belastingverhogings aankondig.

Mathew Parks, COSATU se parlementêre koordineerder, sê hulle wil sien dat die begroting aansluit by die president se staatsrede. Hy sê verder ekonomiese groei moet ook gestimuleer word.

Nog ‘n verwagting van die vakbond is dat die regering die geld verhaal wat weens korrupsie verlore gegaan het.

LeandreAdmin@