Die vakbondfederasies, Cosatu en SAFTU, sal na verwagting vandag in Kaapstad betoog voor die Minister van Finansies, Enoch Godongwana vanmiddag sy begrotingsrede lewer.

SABC-nuus berig COSATU eis dat begrotings nie gesny word nie en is gekant teen die privatisering van staatsbeheerde ondernemings.

Hul eis ook dat die spoornetwerk in die Wes-Kaap gefinansier en herbou word. SAFTU en sy geaffilieerde vakbonde gaan ‘n optog na die stadsaal hou om te eis dat begrotings nie verminder word nie.

Die politieke party, Rise Mzansi, is ook van plan om voor die begrotinsgtoespraak te betoog om onder meer belastingverligting vir enkelouers te eis.

https://rosestad.co.za/entrepreneurskap-dalk-steeds-die-sleutel-vir-sa-vooruitgang/

error: Inhoud is beskerm !!