Die vakbond Cosatu sê hy is optimisties oor die verhoogde minimum loon wat op 1 Maart in werking tree.
Die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, het die verhoging van 8,5%, Vrydag in die staatskoerant gepubliseer.
Die loon van R25,42 per uur, is verhoog tot R27,58 sent per uur.
Cosatu se waarnemende nasionale woordvoerder, Matthew Parks, sê dit is goeie nuus vir werkers.