Die vakbondfederasie Cosatu vra president Cyril Ramaphosa om dadelik te keer dat die begroting van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, verder besnoei word.

Cosatu sê die Nasionale Tesourie beoog om nog 300 miljoen rand oor die volgende drie jaar uit die begroting te sny. Luidens ‘n vakbondverklaring het die Tesourie die die CCMA se begroting van 2021 tot 2024, reeds met 600 miljoen rand ingekrimp.

Cosatu se sekretaris in die Wes-Kaap, Malvern de Bruyn, sê dit is die land se werkermag wat die onderspit afbyt. De Bruyn sê met minder kommisarisse, en met meer sake wat aandag moet kry, stuur die kommissie se reeds agterstallige werksaamhede op ‘n ramp af.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×