Cosatu meen die DA se ingesteldheid sal moet verander as die party deel van die regering van nasionale eenheid wil wees, en dat dit die ANC is wat hiervoor moet pa staan.
Die vakbondfederasie doen ‘n beroep op die DA om alle werkers, en ook transformasie, te steun. Die oproep kom na afloop van ‘n Cosatu-beraad, waar werker-uitdagings, die verkiesingsuitslag en die RNE, boaan die agenda was. Hoofsekretaris, Solly Phetoe, sê Cosatu sê transformasie is van ononderhandelbare belang.