’n Groep betogers het ingestem om die polisiebestuur oor 14 dae te ontmoet om hul kommer oor die feit dat hulle vir werksgeleenthede oor die hoof gesien is, aan te spreek.

Die groep het Donderdag ‘n betoging buite die polisiehoofkwartier gehou en geëis om te weet hoekom hulle nie in diens geneem word ten spyte van hul kwalifikasies nie.

Die betogers het kwalifikasies in kriminologie, strafregspleging en polisiëring. Die betogers sê hulle wil ’n kans hê om te werk en ervaring op te doen. Die vakbondfederasie Cosatu het intussen gesê alle regeringsfere moet die hoë werkloosheidsyfer as die nommer een prioriteit hanteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×