COSATU sê tydraamwerke van die ekonomiese herstelplan in die staatsrede moet uitgespel word

Die vakbondfederasie, COSATU, het gesê dit is belangrik dat tydraamwerke van die ekonomiese herstelplan in die staatsrede uitgespel word.

Dit voorloop President Cyril Ramaphosa se staatsrede wat hy Donderdagaand om sewe-uur sal lewer.

Ramaphosa se tema is die van die nakoming van verpligtinge en om die toekoms beter te laat werk.

COSATU se woordvoerder sê hulle verwag van die regering om oplossings en doelwitte uit te spel wat vir die land moontlik is om te bereik.

Hulle sê verder dit help niks om groot drome en verwagtinge te hê as daar nie die hulpbronne en kapasiteit is om dit te bereik nie.

Cosatu het ook genoem van die belangrikheid om staatsinstellings te versterk.

Luister na potgooie hieronder