Die vakbond Cosatu sê hy gaan voort met sy landwye staking eerskomende Woensdag 24 Augustus. Cosatu het ‘n oproep aan sy lede en ook aan alle Suid-Afrikaners gerig om volgende week by dié staking aan te sluit. Die vakbond se president, Zingiswa Losi, het gister die media by Cosatu House in Braamfontein toegespreek. Hy het gesê die beskermde nasionale staking is bedoel om druk op die regering én op die private sektor uit te oefen, om die sosio-ekonomiese uitdagings wat steeds Suid-Afrikaanse huishoudings smoor, reg te stel en op te los.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×