COSATU sê daar is ’n manier om Elon Musk se satellietdiens Starlink in Suid-Afrika te bring sonder om die 30% swart eienaarskap-vereiste toe te pas.

IOL berig dat volgens COSATU kan alternatiewe soos opleiding, werkskepping en infrastruktuur-bydraes eerder oorweeg word.

Bloomberg berig die regering oorweeg ’n spesiale oplossing om die bestaande Swart Ekonomiese Bemagtiging-wette te omseil.

Elon Musk noem hierdie wette al “rassisties en onbehoorlik”.

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika sê Starlink het nog nie ’n lisensie-aansoek ingedien nie.

Starlink is reeds in verskeie Afrikalande beskikbaar, met beplande bekendstellings in Namibië, Lesotho en Tanzanië in 2025.

error: Inhoud is beskerm !!