Die vakbondfederasie Cosatu sê Renaldo Gouws se verwydering as parlementslid moes al lankal gebeur het.
Gouws sal uit die parlement verwyder word nadat sy party, die DA, hom verlede week geskors het.
Die party het die besluit geneem ná ‘n dissiplinêre proses teen Gouws vir die maak van rassistiese uitsprake.
Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê politieke partye moet sensitief wees vir die samelewing se trauma.