Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê die parlement het nog geen amptelike klagte teen die nuwe DA-LP, Renaldo Gouws, oor die omstrede rassistiese video waarin hy onder andere die k-woord gebruik, ontvang nie. Dit volg nadat die hoofsekretaris van die vakbondfederasie Saftu, Zwelinzima Vavi, gister gevra het dat hy as LP geskors word.
Die algemene sekretaris van die vakbond Cosatu doen aan die ander kant ʼn beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om Gouws strafregtelik aan te kla. Die DA het intussen Gouws verlede week uit die party geskors hangende ʼn interne tugproses. Die video is glo in 2010 gemaak.