Die vakbondfederasie Cosatu vra vir ‘n deeglike ondersoek na Maandag se ontploffing in Malmesbury. Een werker is dood en twee ander bly in die hospitaal ná die ontploffing by die Quantum Nova Food se voermeule.

Dit is nog nie duidelik wat die ontploffing veroorsaak het nie, maar geen gemene spel word vermoed nie. Die Departement van Indiensneming en Arbeid ondersoek die voorval. Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris, Malvern de Bruyn, sê die werkgewer moet na die geaffekteerde gesinne omsien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×