Die 88-jarige Grammy-bekroonde Country-musiekkunstenaar en akteur, Kris Kristofferson, is die naweek, rustig in sy huis in Maui, in Hawaii, oorlede.
ABC News berig Kristofferson se familie het in ‘n boodskap op sosiale media gesê dat dit met ‘n swaar hart is dat hulle die nuus van hulle man, pa en oupa se afsterwe deel.
Hulle het bygevoeg dat indien jy ‘n reënboog sien, moet jy weet hy glimlag vir ons almal.
Kristofferson het tot 2020 as solo-musiekant getoer, was ‘n lid van die Country Music Hall of Fame en het verskeie grammy-toekennings, insluitend ‘n lifetime Achievement Grammy, ontvang.
Hy word deur sy vrou, Lisa, asook agt kinders en sewe kleinkinders oorleef.