Covid-19: 12 710 nuwe gevalle

12 710 nuwe gevalle van die Covid-19-virus is in die jongste verslagperiode aangemeld.

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize sê in ‘n verklaring die meeste aktiewe gevalle is in KwaZulu-Natal, gevolg deur Gauteng en die Wes-Kaap.

Nog 566 sterftes is in die jongste verslagtydperk aangemeld.

Die herstelkoers is 84,7%.

Die ramptoestand weens Covid-19 duur nou reeds 301 dae.

Luister na potgooie hieronder