Covid-19 eis tot 14 inwoners by die Striata-aftreeoord in Bloemfontein

Die verpleegsuster van die Striata-aftreeoord in Bloemfontein is geskors en sal dissiplinêr verhoor word.

Dit volg nadat tot 14 inwoners van die oord aan Covid-19-verwante oorsake dood is.

Die voorsitter van die oord se trustees, Veronica van Niekerk, en drie van haar trustee-lede, onder wie prof. Voet du Plessis, ‘n
oud-burgemeester van Bloemfontein, het Netwerk 24 by die oord te woord gestaan, na aanleiding van ‘n stemnota van een van die inwoners.

Klagtes oor ontsmettingsprosedures is ook ontvang.

Besoekers kon na bewering vrylik inloop en kuier.

Daar is ook nie boekgehou van wie ingeënt is en wie nie.

Volgens Van Niekerk het die 19 mense wat vir Covid-19 in die versorgingseenheid behandel is, almal alreeds herstel.

’n Nuwe verpleegsuster is ook aangestel

Luister na potgooie hieronder