Covid-19-herstelkoers is onveranderd op 95%

Die Departement van Gesondheid sê die land se Covid-19-herstelkoers is onveranderd op 95%.

Volgens die verklaring is ‘n duisend-en-6 nuwe gevalle van die virus, in die jongste verslag, aangemeld.

Aktiewe gevalle van die virus landwyd staan tans op 23 804.

‘n Verdere 65 sterftes is ook bevestig, waarvan bykans die helfte in die Vrystaat is.

Die dodetal sedert die eerste gevalle is 51 326.

Altesaam 145 544 gesondheidswerkers is reeds ingeënt.

Luister na potgooie hieronder