Covid 19 infeksies styg met ‘n verdere 4 116 terwyl die sterfte syfer styg met 139

 Covid 19 infeksies styg met ‘n verdere 4 116 terwyl die sterfte syfer styg met 139

Die totale aantal kumulatiewe Covid19 infeksies het met ‘n verdere 4 116 gestyg.
Dit bring die totaal op 814-duisend-565 te staan. Daar is nog 139 sterftes wat verband hou met Covid19 gerapporteer.
In die Oos-Kaap is 124 sterftes aan geteken, Gauteng 1 en in die Wes-Kaap 14. Dit bring die totale sterftes op 22-duisend-206 te staan.
Intussen het die Departement van Gesondheid ‘n beroep gedoen op ouers van kinders wat die sogenaamde Rage-byeenkomste bygewoon het, om hul kinders so gou moontlik vir COVID-19 te laat toets.
Dié Rage-byeenkomste word as super-COVID-19-verspreiders bestempel.

LeandreAdmin@