Die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi het die pogings van COVID-19-kontrakwerkers geloof en hulle aangemoedig om vir nuwe geleenthede aansoek te doen.

Hy het die gemeenskap Woensdag tydens die tweede kwartaal-oorsigsessie by die Universitas Akademiese Hospitaal, in Bloemfontein, toegespreek. Tydens die toespraak het die LUR ook die impak van die beëindiging van die kontrakte hierdie maand erken en gesê dit sal verkeerd wees om mense sonder betaling te laat werk.

LEES MEER: Gesondheiswerkers eis antwoorde van Vrystaatse Premier

Mahlatsi het daarop gewys dat voortgesette indiensneming van nasionale hulpbronne afhang, aangesien die provinsiale departement slegs binne sy begroting kan aanstel. Verder het hy ‘n beroep vir innoverende oplossings om die departement se uitdagings aan te pak, gedoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×