Covid-19: Ouers in die Vrystaat gemaan om kalm te bly

 Covid-19: Ouers in die Vrystaat gemaan om kalm te bly

Ouer s in die Vrystaat word gemaan om kalm te bly nadat verskeie kinders in die provinsie positief getoets het vir Covid 19.

Met die skole wat Maandag heropen vir graad sewe en graad twaalf leerders, het dr. Cloete van Vuuren van 3 Militêre hospitaal in Bloemfontein, ouers gemaan om kalm te bly.

Volgens van Vuuren kan ouers nie hulle kinders onbepaald uit die skool hou om infeksie te voorkom nie.

Netwerk24 berig dat Dr. David Motau, hoof van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, bevestig het dat ‘n paar kinders positief getoets het, maar sê
sover hy weet is meeste weer gesond.

Kenners beweer dat die pandemie vir tot twee jaar nog deel van die samelewing kan wees.