Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê ‘n doeltreffende en funksionerende vervoersektor is die sleutel tot ‘n suksesvolle ekonomie. Creecy het by die opening van die Suid-Afrikaanse Vervoerkonferensie in Pretoria in Gauteng gepraat.
Die minister sê wanneer die vervoerstelsels daaronder ly, staar die ekonomie bedrukte ekonomiese groei, en dalende beleggings in die gesig, en werkende mense kan nie op ʼn bekostigbare manier of selfs betyds by hul werk uitkom nie, wat tot werkloosheid bydra.
Sy het bygevoeg dat die sewende administrasie bewus is van die uitdagings en beoog om dit gedurende die volgende vyfjaartermyn omvattend aan te spreek.