CURRIEBEKER RUGBY – Die Toyota Cheetahs het gekook in hul wedstryd Saterdag teen die WP in Kaapstad en het uiteindelik met 26 – 17 geseëvier.
Die tuisspan het goeie gebiedsvoordeel geniet en halftyd met 14 – 12 voorgeloop maar kon dit met slegs 1 verdere drie in die 2de helfte opvolg. Die Cheetahs het altesaam 4 drieë gedruk wat ook ’n strafdrie ingesluit het.
Vrydagaand het die Bulls ook hul 2de oorwinning van diè reeks behaal deur die Sharks met 24 – 20 in Durban te troef.
2 wedstryde is ook gister beslis met die Pumas wat die Griffons in Welkom oorrompel het met ’n wegholtelling van 64 – 6 terwyl die Lions teen die verwagtinge in teen Griekwas op Ellispark met 18 – 25 vasgeval het.