‘n Interne ondersoek na ‘n onlangse Curro-bemarkingsveldtog het aan die lig gebring dat die foto’s wat op sosiale media gebruik is, by ‘n onlangse uitstappie geneem is en ouers het toestemming gegee voordat dit geplaas is.

Curro Holdings het vandeesweek onder skoot gekom oor ‘n advertensie wat viraal gegaan het waarin ‘n swart kind as ‘n kassier “in diens” was, terwyl ‘n wit kind as ‘n veearts “in diens” was.

LEES MEER: Curro vra om verskoning vir rasse-stereotipiese plasing

IOL berig Curro se portefeuljebestuurder van spesiale projekte, Melanie Fortuin-Durr, het gesê die ondersoeke het tot dusver vasgestel dat die foto’s van die kinders deel was van ‘n uitstappie deur leerders by ‘n Curro-skool in die Wes-Kaap.

Sy sê dit was tydens  ‘n besoek aan ‘n aktiwiteitsentrum waarin die kinders almal ‘n geleentheid gehad het om alternatiewe rolle elk te vertolk, insluitend dié van ‘n kassier, ‘n veearts en ‘n bankier.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×