President Cyril Ramaphosa sê die land beweeg na ‘n universele basiese inkomstetoelaag. Hy het gister gepraat tydens Werkersdagvieringe by die Athlone-stadion in Kaapstad in die Wes-Kaap.
Duisende ondersteuners van die vakbondfederasie Cosatu, die ANC en die SAKP het die geleentheid bygewoon. Die president sê die Universele Basiese Inkomste, ‘n uitvloeisel van die 350 rand noodtoelae, is onvoorwaardelike maandelikse toelae wat Suid-Afrikaners in die toekoms sal sien.