Cyril Ramaphosa dring aan op die dringende uitvoering van die ekonomiese herstelplan

President Cyril Ramaphosa sê die ekonomiese herstelplan stippel onmiddellike optrede uit om dringend Suid-Afrika se ekonomie te herbou.

Hy het in die parlementêre debat oor die plan gereageer.

Dit is verlede week bekend gestel en fokus op vyf areas: belegging in infrastruktuur, werkskeppingstimulus, energie-sekuriteit, lokalisering en die bou van die staat se vermoë.

Ramaphosa sê ‘n inklusiewe ekonomie moet uit die as van die koronavirus-pandemie geskep word.

Luister na potgooie hieronder