Dis amptelik . . . Cyril Ramaphosa is die president van die 7de administrasie van Suid-Afrika, sedert demokrasiewording. Hoofregter Raymond Zondo het om presies 25 minute oor twaalf aangekondig dat Ramaphosa kragtens die Grondwet ingesweer is, om die land se mense vir ‘n tweede termyn as president te dien.

Kort hierna het die volkslied van Suid-Afrika weergalm in die amfiteater van die Uniegebou in Pretoria. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die president met ‘n saluut van 21 kanonskote en ‘n massa-verbyvlug verwelkom.

Die president is tans besig om sy inhuldigingstoespraak te lewer. Daar word wyd verwag dat hy die name van die lede van sy kabinet vandag bekend sal maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×