Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se ekonomie kan herstel

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se ekonomie kan met doelbewuste optrede herstel.

Die president het gereageer op die tweede kwartaal se skerp inkrimping van die land se bruto binnelandse produk as gevolg van die Covid-19-pandemie.

Ramaphosa sê die instelling van die presidensiële werkstimulus-plan wat vir volgende maand beplan word om werksverliese teen te werk, sal bydra om die ekonomie te herbou.

Hy meen die maatskaplike verdrag vir ekonomiese herstel en die ekonomiese herstel-strategie sal die proses ’n verdere hupstoot gee.

Luister na potgooie hieronder