Die DA het bevestig dat die party se federale bestuur eenparig besluit het om Renaldo Gouws se lidmaatskap te beëindig.
Die party sê Gouws is formeel van dié besluit ingelig. Hy verbeur dus sy DA-setel in die parlement.
Dit is nadat die DA se Federale Regskommissie ’n ondersoek na die bewerings teen Gouws gedoen het.
Die kommissie het Gouws daaraan skuldig bevind dat hy verskeie artikels van die DA se grondwet oortree het.
Gouws is geskors nadat ’n video opgeduik het waar hy rasistiese uitlatings gemaak het.