Die DA-koukus voorsitter van die Dihlabeng Munisipaliteit, Willie Theunissen sê hulle is bekommerd oor bewerings van brandstigting by die Munisipale pakhuis in Bethlehem.  Na berig word het ‘n indringer die gebou deur die nag betree en die brand gestig.  Na wat berig word was daar ten tyde van die brand geen veiligheidswagte op die toneel nie.  Netwerk24 berig dat bewerings gemaak word dat die brand verband hou met verdagte kontrakte vir persoonlike beskermende toerusting (PPE) wat bevraagteken word, wat deur die vorige munisipale leiers aangegaan is.  Daar word beweer dat die brand gestig is om korrupsie te verbloem en dienslewering te onderbreek.  ‘N Forensiese ondersoek is van stapel gestuur.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×