Die DA het hul kommer uitgespreek oor stygende voedselpryse. Dit, nadat Statistieke Suid-Afrika onthul het dat die verbruikersprysinflasie in September tot vyf-komma-vier persent gestyg het, van vier-komma-agt persent in Augustus. Ten spyte daarvan dat hierdie koers onder die Suid-Afrikaanse Reserwebank se boonste teikenmerk van ses persent is, het die DA gesê voedselinflasie bly onaanvaarbaar hoog. Volgens die party het stapelvoedselitems soos brood en groente nou met onderskeidelik 15 persent en nege persent binne 2023 alleen gestyg. Die DA se Dion George het gesê hierdie krisis word meer gevoel in laer-inkomste huishoudings en mense in landelike gebiede, wat die helfte van hul inkomste aan kos bestee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×