Die DA beweer Eskom verbrand doelbewus diesel om beurtkrag te voorkom in die aanloop tot die verkiesing op 29 Mei – en dit versterk vermoedens dis manipulasie vir politieke gewin. Volgens die party het hy bewyse wat neerkom op druk van die ANC-regering op die bedryf van die nutsmaatskappy.
DA-woordvoerder, Mimmy Gondwe, sê die jongste data van die Energiereguleerder van Suid-Afrika toon ‘n kommerwekkende uitputting van dieselbegrotings en meer as die helfte van die begroting vir die eerste kwartaal is in een maand bestee.