Die DA het bevestig dat dit in voorlopige koalisiegesprekke met die ANC en die IVP is.

Die party het aangedui dat dit verkies om leierskaprolle in die parlement op te neem bo ministeriële posisies in die uitvoerende gesag.

Hoofkoalisiegesprekke vir ‘n nuwe regering sal egter eers later hierdie week plaasvind. Intussen bou teenstand van sekere bronne in die regerende party op oor die moontlike koalisie met die DA.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×