Die DA gaan ‘n mosie van wantroue in die Mangaung-metro se uitvoerende burgemeester, Mxolisi Siyonzana, indien en het reeds kennis aan die raad hieroor gegee. Dit aldus DA-koukusleier, Johan Pretorius. Die Volksblad berig voorts Pretorius het ten tyde van Vrydag se mediakonferensie gesê die DA is ook besig om met ander opposisiepartye hieroor te gesels in ‘n poging om steun vir die mosie te verkry. Die klagte van die DA teen Siyonzana sluit finansiële onstabiliteit, politieke onstabiliteit, vervalle padinfrastruktuur, besoedeling, mislukte korporatiewe regering en hoë werkloosheid in. Die DA vra dat ‘n geheime stemming per geslote stembrief gehou sal word wanneer die mosie dien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×