Die DA in KwaZulu-Natal het ‘n beroep gedoen op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om swangerskapsake van meisies jonger as 18-jaar oud te ondersoek. Dit nadat die Departement van Gesondheid die provinsie se tienerswangerskapstatistieke vir verlede jaar bekend gemaak het. Die provinsie het meer as 26-duisend tienerswangerskappe aangeteken, terwyl eenduisend-254 van daardie gevalle meisies jonger as 14-jaar oud is. Die party glo die polisie moet ingryp weens die plaag van geslagsgebaseerde geweld in die land. Die DA se Edwin Baptie het gesê tieners moet teen alle vorme van seksuele misbruik beskerm word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×