Die DA in die Metsimaholo-munisipaliteit gaan die regstappe neem om te keer dat die ANC/EFF meerderheid hul goedkeuring gee vir ‘n betaling van meer as R27 miljoen aan die Lizelle Saketrust. Metsimaholo sluit dorpe soos Sasolburg, Deneysville en Oranjeville in. Jeff Zwane, die DA se uitvoerende burgemeester in Metsimaholo, het in ‘n verklaring gesê dat die munisipaliteit nie die geld aan die Lizelle Saketrust skuld nie en dat enige betaling sal neerkom op onreelmatige, vrugtelose, vermorste en ongemagtigde uitgawes. Zwane het gesê die besluit van die ANC/EFF lede laat vrae ontstaan oor die werklike agenda van die betaling. Die geld moet eerder vir dienslewering gebruik word. Basi Motloung, die waarnemende munisipale bestuurder, het aan Netwerk 24 gesê dat die LIzelle Saketrust ‘n riool-en waterinfrastruktuur projek vir die munisipaliteit in 2016 afgehandel het. Die munisipale administrasie het intussen verander. Die vorige munisipale bestuurder het ‘n ooreenkoms van R7,4 miljoen met die trust gesluit, maar toe die werk klaar is, het die trust gesê hy het werk ter waarde van R50 miljoen gedoen.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×