DA-leier, John Steenhuisen, het gesê die party gaan ‘n klagte by die Valke en die polisie indien oor bewerings van korrupsie teen adj pres Paul Mashatile. Steenhuisen het gister aan Netwerk 24 gesê die DA het Maandag ‘n afspraak met die Valke en hulle stel belang in wat die party te sê het.
Die DA gaan hom ook tot die openbare beskermer sowel as die etiekkomitee van die parlement wend. Steenhuisen het gesê hy gaan die staatsrede en die daaropvolgende debat ook gebruik om die kollig op Mashatile te plaas. Die DA het die president Cyril Ramaphosa gevra om op te tree maar hy het niks gedoen nie. Steenhuisen het gesê dit lyk nie of die president die moed het om iemand af te dank nie.