Die DA sê die bevindings in die staatskapingsverslag wat die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, en voormalige LUR van Landbou, Mosebenzi Zwane impliseer, is gronde om strafregtelike verrigtinge in te stel.

Die party sê daar is geen twyfel dat politici betrokke was by die ondersteuning van die kriminele Gupta-onderneming in die Vrystaat nie.

Die DA se Roy Jankielsohn sê dit is gedoen deur geldwasseryskemas wat die Vrede-suiwelprojek en die New Age-koerant as drywers gebruik het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×