Die DA is vandag in die hooggeregshof in Pretoria om die hof te vra om beurtkrag ongrondwetlik te verklaar. Die party vra die hof ook om die Nasionale Energiereguleerder, oftewel Nersa, se tariefverhoging van tot 30% wat aan Eskom toegestaan is, ongeldig te laat verklaar. Luidens die DA moet die regering ook alternatiewe vind vir die 30 persent tariefverhoging. Eskom is ‘n tariefverhoging van 18-komma-ses-vyf persent toegestaan vir die 2023/2024 geldjaar. Die kragvoorsiener het ook ‘n 12-komma-sewe-vier persent verhoging van Nersa gekry vir die daaropvolgende finansiële jaar. Die prysstygings het in April reeds in werking getree.