DA raadslid, Pieter Lotriet, moedig Bloemfontein inwoners aan om minstens sewe dae se waterreserwes vir basiese huishoudelike gebruik op te bou. Hy voeg by dat die onus op inwoners wat van munisipale water afhanklik is, en wat vee besit, groter word.

Volgens Lotriet was verlede jaar Desember ‘n baie warm en droë tyd in Mangaung, en baie inwoners was vasgevang met watervoorsieningsprobleme wat nie doeltreffend aangespreek kon word nie. Dit, luidens Lotriet se plasing op sosiale media, het onnodige swaarkry onder mens en dier veroorsaak wat vermy kon word.

Hy voeg by dat die DA Mangaung-koukus alles in hul vermoe doen om ‘n herhaling van verlede jaar te voorkom, maar dat dit beter is om eerder veilig as jammer te wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×