Begunstigdes van die Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat, leef luidens ‘n DA-verklaring, in armoede.
Bykans ‘n halfmiljard belastinggeld is glo reeds vir die projek aangewend, terwyl sowat 20-miljoen rand steeds jaarliks hieraan bestee word. Vanaf Januarie 2022 tot en met Desember 2023 is altesaam R5,6 miljoen deur die verkoop van beeste en melk ingebring.
Die 65 begunstigdes – wie 51% van die projek deur ‘n trust besit – het luidens die verklaring, elk slegs ‘n geskenkbewys ter waarde van R1 300, en 5 kilogram vleis as vergoeding ontvang.