Minister Bheki Cele het as minister van polisie misluk en moet dus in die pad gesteek word. Maroela Media berig dít was die boodskap van ondersteuners van die DA en Action Society wat Dinsdag die strate van Pretoria ingevaar het in ‘n optog na Cele se kantoor in die middestad. Die DA-leier, John Steenhuisen het gesê dit is net in ‘n ANC-regering dat ‘n man, onder wie een van die ergste misdaadgolwe buite ‘n oorlogsone plaasgevind het, steeds die mag van ‘n kabinetsposisie kan hê. Steenhuisen het bygevoeg dat hy glo Cele is ‘n gevaar vir die samelewing en dat hy afgedank moet word. Meer as 33-duisend mense het reeds die DA se petisie wat eis dat daar van Cele ontslae geraak moet word, onderteken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×