Die DA LPW en woordvoerder van finansies, David van Vuuren, sê vandag se provinsiale rede, of SOPA, wat in Qwa-Qwa gehou gaan word, gaan die provinsie ‘n allemintige vyf-miljoen-rand kos. Sowat 1600 gaste gaan die geleentheid bywoon.

Van Vuuren sê in ‘n verklaring die SOPA wat buite Bloemfontein gehou gaan word, wys hoe spandabelrig die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, in werklikheid is. Die Vrystaatse wetgewer het gister die bedrag bevestig. Bykomend gaan die provinsiale regering meer as R800 000 aan die polisie vir beskermingsdienste moet betaal.

Van Vuuren sê aangesien die polisie op nasionale vlak reeds begroot het vir beskermingsdienste vir belangrike persone, beskou die DA die bedrag as ‘n onreëlmatige uitgawe omdat die polisie geen ooreenkoms met die wetgewer geteken het nie. Die armlastige inwoners word weereens benadeel deur ‘n ANC-regering wat onnodig geld uitgee om ‘n duur provinsiale rede in Qwa-Qwa te hou. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×