Indien die Mangaung-metro nie dringende ommekeer bewerkstellig nie, sal die munisipaliteit in duie stort. Aldus die DA faal die metro sy inwoners. David Masoeu sê die DA dring aan dat die munisipaliteit ‘n kontrakteur aanstel om verdere agteruitgang van die reeds haglike riool- en waterstortingsituasie te stuit. Geld is glo hiervoor beskikbaar gestel, maar word nie deur die metro hiervoor aangewend nie.
Intussen is noodherstelwerk aan die Longridge-vertakking, wat sekere Bloemfonteiners se krane van vandag af vir 36 uur droog sou lê, nou tot Donderdag 7 Mei uitgestel.
Rosestad-nuus het vroeër berig die herstelwerk word genoodsaak, nadat vandale die infrastruktuur beskadig het.
Die Mangaung-metro het gistraand laat weet Sentraal-Vaalwater sê hy is bekommerd oor die lae vlak van die Brandkop-reservoir, en die moontlike negatiewe impak wat die noodsluiting hierop kan hê. Dele wat wateronderbrekings op 7 Mei te wagte moet wees, sluit Wilgehof, Universitas, Pellissier, Lourierpark en Rocklands in.